Adriaan van der Merwe
Age: 47
Music Style : Gospel, Pop, Sokkie, Oldies
Language: Afrikaans and English
City : Johannesburg
Adriaan has performed at: Boskantoor, Burgersentrum Carltonville, Carnival City Mardi Gras, Cock and Bull, Uncle Charlie’s Beer garden and Restaurant, Hot Spot Pub & Grill, Irish Rock Radiokop, Gas Monkey Pub & Grill Vanderbijlpark, Newton’s Pub Kempton Park, Prime Time, Dros Kempton Park, Woody’s Saloon Pub & Grill, Legends Sportsbar, Panorama Fleamarket, News Cafe Boksburg and many more
More about
Adriaan is ‘n gesoute musikant en liedjieskrywer wat al die afgelope 22 jaar gehore reg oor die land se ore streel en regstaan vir enige kuier geleentheid.
Hy was onder andere vir 7 jaar deel van die groep Taboe wat al die land plat getoer het met meer as 300 vertonings per jaar.
Saam met Taboe en Bospelleton het hy al op verskeie tv programme verskyn en ook as solo kunstenaar die afgelope paar jaar op kykNET, kruiskyk en Fiesta.
Sy musiek video Sterrediamant verskyn ook op kykNET en is op verskillende media platforms beskikbaar asook baie van sy eie musiek onder die Taboe en Silouett vaandels met Treffers soos “in my drome, boerbeskuit, nommerpas meisie, Afrikaans sal ek altyd wees” (wat ook deur Gerhard Steyn opgeneem is), en vele meer.
Adriaan het by Vonk Musiek aangesluit in die vroee 2000’s en later by Southern Buzz en Brettian productions.
Met ‘n arsenaal van Musiek kan hy die partytjie aan die gang hou vir die hele dag of aand en maak ook voorsiening vir ‘n wye gehoor van jonk tot… nie so jonk met verskeie van sy eie werke en ook golden oldies, bietjie rock, afrikaanse sokkie en goeie country musiek.
Strooi praat is nie sy ding nie en hy sing soos ‘n masjien lied na lied en hou die dansvloer aan die beweeg met sy lekker voet trap dans musiek.
As jy ‘n bekostigbaare, uitstekende, professionele Musikant vir jou volgende funksie wil boek, is Adriaan die een.