
Alida
Alida
Age: 23
Music Style: Pop, Country, Oldies, Originals
Language: Afrikaans and English
City : Pretoria
Opened for: Appel, Elandre, Jo Black, Nadine, Karlien van Jaarsveld, Vernon Barnard.
Performed at: Platteland, Pierneef Teater, Market at the Beah, Prinshof Manor, Sundowners, Spoorloos, Klipspringer Guestfarm and Karavaan Park, Prime Time 2, Die Windpomp, Fisherman’s Deck, Liggies Fees Nylstroom, Panorama Flea Market
More about
Die talentvolle Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer, Alida, het onlangs haar derde enkelsnit vrygestel. Nog ’n Kans, wat sy beskryf as ’n folk-rockliedjie,is een van daardie snitte wat dadelik aandag trek en haar ryk rasperstem pragtig tentoonstel.
Volgens die kunstenaar, gaan die liedjie oor ’n vrou wat alles doen om haar verhouding te laat werk. “Ek is baie trots op die snit, omdat ek dit op my eie geskryf het. Roux Cloete het my wel gehelp toonset en om die lirieke te laat vloei. Dit is gebaseer op ’n rolprent wat ek gekyk het, wat my baie diep geraak het,” deel sy. “Ek glo dat mense van alle ouderdomme by die tema sal aanklank vind.”
Alida het in Centurion grootgeword en begin sing toe sy nege was. Sy was dadelik verlief op die verhoog en nie eers gehoorprobleme kon haar laat afsien van haar droom om eendag ’n sangeres te word nie. Sy het grootgeword met Afrikaanse en tagtigs-musiek en verklap dat sy steeds mal is oor musiek uit hierdie tydperk en het ook groot waardering vir betekenisvolle lirieke. “Baie mense het geglo dat ek nooit sou kon sing as gevolg van my gehoorprobleme nie, maar ek het ’n wonderwerk beleef en kan vandag perfek hoor,” sê sy.
Al is sy nog net ses jaar amptelik in die musiekbedryf doenig, het sy reeds baie musiekliefhebbers se harte verower en al die verhoog gedeel met van die land se grootste sterre. Haar eerste enkelsnit, Meer As ‘n Meisie het sy al op skool saam met Carlé van Deventer geskryf en in 2017 amptelik uitgereik saam met ’n musiekvideo. Ek Wag Geduldig, wat deur Roux Cloete geskryf is, is in 2018 vrygestel en is ’n kontemporêre snit oor ’n meisie wat geduldig wag vir die regte man. Die musiekvideo kan steeds op kykNET gesien word.
Wanneer sy nie besig is om nuwe liedjies te skryf nie, tree sy by verskeie feeste, markte, restaurante, skole, kerke, vakansieoorde en privaatfunksies op. Sy is ook besig om Onderwys te studeer by die Noordwes-Universiteit. “Ek wil graag kinders inspireer om hulle drome te volg, ongeag wat hulle omstandighede is, ek glo ’n mens moet nooit ophou droom nie.”
As jy die borrelende sangeres vra watter musikante haar inspireer, hoor jy name soos Elandré, Tarryn Lamb en Dewald Wasserfall en sy sal ook nog graag eendag saam met Nadine, Corlea Botha, Demi Lee Moore en Monique Steyn wil werk.
Haar stemafrigter meen dat sy gemaak is om betekenisvolle lirieke te sing, omdat die ryk toon in haar stem jou asem wegslaan en sy elke noot met haar hele hart benader en luisteraars se positiewe reaksie op haar werk beklemtoon hierdie feit.
Alida is bekend vir haar veelsydigheid en net soos die res van haar musiek, is Nog ’n Kans gemaak om luisteraars te beïndruk. Die enkelsnit is beskikbaar op alle digitale platforms.
Alida werk tans aan nuwe musiek en kan nie wag om dit deur die loop van 2022 te deel nie.