Ansua Du Plessis

Age:  29

Music Style : Classical, Contemporary, Country, Ballads, Gospel, Light Pop, Opera

Language:  Afrikaans and English

City :  Free State

Perfect For:  Churches, Festivals, Markets, Lodges, Theatres, Restaurants, Holiday Resorts

Performed at:  Boertjiefees Bultfontein, Hertzogville Landboufees, Makiti Kontrei Fees, Rooivleis en Vet Vee Fees Boshof, Bielie Mielie Fees Reitz, Oesfees Bothaville, Vryfees Blomfontein, Bloem Skou.  Various Churches in Bultfontein, Bethlehem, Welkom, Reddersburg, Bloemfontein, Bothaville, Hoopstad, Makwassie, Barkley Oos, Hennenman, Hertzogville and Ventersburg.  Private functions, Ladies Teas, VVLU, Retirement Villages, School’s, Funerals.

More about

Ek is 29 jarige, Opkomende Sangeres in Suid – Afrika. Geniet my sang,sing al van baie klein ouderdom af. Op Skool doen ek klassieke sang opleiding naamlik: Trinity Guidhall Music College Sang Eksamens van uit London. Behaal my Graad 8. Ek sing ook koor my hele skool loopbaan deur,neem elke jaar aan Kunswedstryde deel en tree gereeld by verskei plekke op as skoolkind. Na skool in 2011 begin ek met Ligte Musiek Opleiding by Die Jana Stoltz Sangskool in Bloemfontein. In 2013 verskuif ek van Sangskool en begin by Die Phillip Kotze Sangskool in Bloemfontein tot einde 2014. Deur die jare tree ek gereeld op by Feeste: Boertjiefees Bultfontein, waar ek ook vanaf 2019 betrokke is met die reëlings van die fees. Hertzogville Landboufees, Makiti Kontrei Fees Welkom waar ek betrokke was met die reëlings van 2016 tot 2018, Rooivleis en Vet Vee Fees Boshof, Bielie Mielie Reitz, Oesfees Bothaville, Vryfees Bloemfontein, Bloem Skou en vele meer. Ek tree op by Kerke: Bultfontein, Bethelhem, Welkom, Reddersburg, Bloemfontein, Bothaville en Hoopstad, Makwassie, Barkley Oos, Hennenman, Hertzogville, en Ventersburg. So tree ek ook op by Klein Funksies: Vroueoggende, VVLU Funksies, Verjaarsdae, Aftree oorde, Skole en self by Begrafnisse.
Ek vorm ook deel van Bultfontein se Dorps Koor vanaf 2012- 2015 waarna ek ophou en meer fokus op my eie sang. Ek begin ook my eie Sangskool in Bultfontein: Die Ansua Du
Plessis Sangskool. Vanaf 2015 gee ek daagliks “ vocal couching” vir kinders van die ouderdom van 4 jaar oud. Hou gereeld Optredes met kinders, Workshops, Kunswerdstryde, vat ook my Sangkinders na Beyond 2000 SA Championship waar van hulle kwalifiseer vir die, World Championship in Los Angels Amerika. My Sangskool bestaan in 2017 uit 22 leerlinge. Ek gee tans nie meer voltyds sanglesse nie, maar wel deeltyds as daar mense is wat wil hê dat ek hulle kinders help. Ek self neem ook deur jare deel aan verskei Sang Kompetisies: Tiener Zone waar ek vorder tot die Top 50, Suppersterre Top 50, Bulties Got Talent wat ek ook dan wen, Kunswedstryde waar ek deur die jare van skool dae af nooit minder as A gekry het nie, Welkom Talent Aand waar ek 2de eindig, Boertjiefees Talente wat ek wen, Beyond 2000 SA Chapionship waar ek 2 goud en 3 brons medaljes verower en Agter Die Mic waar ek 2de eindig en so vorm ek dan ook deel van Radio Rosestad en Die Johan Gunter Bemarking in die Jaar 2016.
Saam met Radio Rosestad begin ek gereeld optredes doen. Kersfees Konserte, Feeste, Kerke, Fonds insamelings en Enige Funksies wat Radio Rosestad vir my reël, Alles vir Afrikaans Konsert saam met my Sangskool en ander mede Kunstenaars, ek tree ook gereeld op as beoordelaar by talent kompetisies. Ek neem so ook my eerste “cover songs” op in die jaar 2016. My een lied “Dreams made to last forever” kom op Spingbok Radio se Top 20 hoogste plek wat hy behaal is nommer 5. In Oktober 2017 neem ek my heel eerste self geskrewe lied op (die lied spreuk van wie en wat ek is genaamd Op Die Vlerke Van ‘n Droom). Die lied is op alle sosiale media netwerke te sien. Ek kry ook die geleentheid om ‘n verhoog te kan deel met groot name in die Musiek Bedryf “ Ella Kotze, Rina Hugo, Jannie Moolman , Corlea Botha, Kevin Leo , Mathys Roets” by feeste maak ek ook kennis met baie ander in die Bedryf. Einde 2017 besluit ek om my Vlerke te sprei en doen my eie bemarking. Ek kry die geleentheid om met Gold FM in Welkom saam te werk , Insamewerking met Goldfields Casiono in Welkom tree ek gereeld daar op. In 2019 word my groot droom waar ek kry Plate Kontrak by IBE Entertainment. Die kontrak strek dan vanaf 2019 tot einde 2021. In 2019 raak ek betrokke by die komitee van Bultfontein Boertjiefees waar ek die heel eerste Boertjiefees Sing sang kompetisie aanbied saam met IBE. Augustus 2019 sien my heel eerste opname by IBE die lig Harlekyn, hy is ook beskikbaar op die CD Klanktoets Vol 2. Al die ander IBE kunstenaars se liedere is ook op Klanktoets beskikbaar. Harlekyn is ook beskikbaar op alle digitale media. Ander nuwe uitdagings wat ek aanpak is beoordeling by verskeie Sang Kompetisies, Kunswedstryde en Eisteddfods. Vanaf einde 2021 het ek my sang PR werk oorgegee aan die baie gewilde en mees gewaardeerde persoon in die musiekbedryf Lydia Winchester sy doen vir jare al so baie kunstenaars se werk in die land.
Sang en musiek was nog altyd my groot passie van kinderdae af. Ek sou altyd na musiek luister saam sing, my eie liedjies opmaak. As Jy iemand vir jou spesiale funksie nodig het soos, Feeste, Vroueoggende, Kerkdienste, Troues, Verjaarsdae of enige funskie.
Ek is Jonk Ek is Passievol Ek volg My drome.

Music Videos