Ryan Burnwood

Ryan Burnwood

If you want a party vibe at your venue, this is the artist for you

More about

 

Ryan is gebore September 1975 in n klein myndorpie, Stilfontein in die Noordwes.  Daar het hy sy skool loopbaan begin en voltooi in 1993.  Kitaar speel was nog altyd n droom maar dis waar dit gebly het.  1994 Skryf hy in by Vaal Driehoek Technikon en 4 jaar later maak hy klaar en hy kan kitaar speel ook.

Hy sluit aan by n kerk band in 1998 in Vereeniging as gevolg van sy passie vir musiek. Hy verhuis na Welkom waar hy ook deel was van n Kerk band vir 3 jaar, en daar stort sy lewe in een.  Hy verhuis na sy ouerhuis in Klerksdorp om sy lewe weer van voor af te begin. Daar word gesing om die kampvuur, kitaar gespeel en liedjies geskryf.  Hy verhuis na Rustenburg waar die kampvuur pelle hom vra hoekom doen hy dit nie vir n Lewe nie? Hy het geluister en 25 Junie 2012 tree Ryan Burnwood vir die eerste keer op.

December die selle jaar stel hy sy eerste album met die title “Never Let Go” vry. Dis iets waaroor hy nie wil praat of luister nie.  Ryan Skryf stories uit sy siel uit. Hy wil emosies wakker maak in jou van goeie, slegte, hartseer en gelukkige dae. As jy hom sal vra hoekom hy sing, sal hy vir jou se: “Musiek is die sleutel tot die siel.  Dit is die enigste ding wat die hele wereld in gemeen het.  As ek nie op stage is of my musiek uitleef nie, dan raak ek depresief. Musiek is soos n verterende kanker wat vreet aan my. Ek moet dit voer anders kry dit my onder. Dis in my bloed. Dis wie ek is”

 

Ryan bly tans in sy lewenslange droom plek, Hartbeespoort met die liefde van sy lewe. Hier het Blackie Swart hom onder hande gehad en hom gementor by sy pub Lulu’s. Ryan het sy eie Studio tuis. Hy bespeel 5 instrumente, maar sy gunsteling is elektriese kitaar want hy is n rocker van gees. Hyt het 13 Kitare huidiglik. Hy skryf ook al sy musiek self. Daars meer liedjies as tyd om hulle in die studio klaar te maak tans. Op stage is hy lewendig en bedrywig. Hy sing Rock, country, pop en afrikaanse musiek. Enige iets behalwe Kwaito en jazz soos hy sê.

 

Ryan was in 2023 genomineer vir “n Afri Indie Award in die kategorie “Best Rock Single. Hy het al geopen vir bekende musiekante soos Riaan Benade, Jan Blohm, Ryno Velvet, Dirk van der Westhuizen, Gerhard Steyn, Brandon Peyper en The Black Cat Bones. Bike Rallies en Bike Day jols is sy gunsteling gigs.  As julle lus is vir n lewendige show wat jou terug vat na jou kinder dae en kos soek vir jou siel? Gaan kyk vir Ryan Burnwood as hy êrens in jou omgewing optree.

Jys nooit te oud om te Rock n Roll nie.